Meer oor die Plaaswinkel

Welkom by Die Plaaswinkel – koop met gemak, alles onder een dak.

Hierdie aanlyn winkel se doel is om ‘n spesifieke nismark te bereik waar verbruikers van naby en veral die ver uit die stad, maklik iets aanlyn kan aankoop. Die Plaaswinkel se waardes is gebasseer op integriteit en egtheid met die uitgangspunt om aan verbruikers ‘n veilige aanlyn platform te skep waar aankope met gemoedsrus gemaak kan word.

Ons is trots om ‘n groot verskeidenheid van produkte te bied waarvan meeste eg Suid-Afrikaans is. Die winkel word in Afrikaans aangebied om so die aankoop proses vir Afrikaanssprekende verbruikers te vergemaklik, maar die winkel is oop vir enige iemand en daar is regtig iets vir almal.
So waarvoor wag jy, daar is baie produkte om van te kies en te keur!