Tasha het op die ouderdom van ses jaar begin sing en aanhangers het tydens Die Kontrak, die realiteit-talentkompetsie wat op Via TV uitgesaai is, verlief geraak op haar unieke manier waarop sy die gehoor meevoer. “Die Kontrak het vir my nuwe deure in die Afrikaanse musiekbedryf oopgemaak en ek kon ’n nuwe vlak betree,” het sy vertel. ‘Ek wil vir mense stories vertel deur die musiek wat ek sing,” het Tasha gesê. Jy kan ook uitsien om dié musikale kunstenaar met haar kitaar op die verhoog te ervaar.

Tasha

Wys alle 2 produkte

Sorteer volgens