SUSTERS

  • Vinnige Aflewering

    Ontvang produkte in ongelooflike tyd
  • Maklike Terugkeerbeleid

    Ons terugkeerbeleid laat u met gemoedsrus koop
  • Altyd Outentiek

    Ons verkoop slegs 100% outentieke produkte
  • Veilige Inkopies

    U persoonlike inligting is altyd beskerm

R100.00 BTW ingesluit

  Enige vrae? Klik hier en vra dit nou.

Beskrywing

VARIOUS

SKU: DVDJUKE 74 Kategorie:

Beskrywing

Afrikaaans:

 

Susters Film gaan
oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op
‘n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ‘n reis gevul met
tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat
die skoner geslag baie goed mee is – hoe om sakke vol pret te hê.

Die rolverdeling
sluit in Leah, die veelbekroonde sangeres met albumverkope wat goue status
breik het en bekend is vir haar rolle in “As Jy Sing” en “Sterlopers.” Nog ‘n
suster word gespeel deur Quanita
Adams
 , self geen vreemdeling vir die kollig nie met heelwat
televisie- en filmrolle agter haar naam. En die derde suster is niemand anders
nie as Diaan Lawrenson, bekend vir haar rol as Paula in 7de Laan. En dis
maar net die hoofrolle – kykers kan hulle gereed maak vir heelwat verrassings
met bekendes wat kleiner rolle gaan vertolk.

 

In die
regisseursstoel is 
Corne Van Rooyen , bekend vir sy werk op “Hollywood in my huis”
en “Vaselinetjie.” Die draaiboek is geskryf deur 
Corine Du Toit en
Sandra Vaughn, wat saam ‘n magdom film- en TV-reeksdraaiboeke agter hul naam
het, insluitend “Semi-Soet”. Dis ook nie aldag wat ‘n vrou in beheer is van
kinematografie nie, maar Sunel Haasbroek verleen ‘n unieke vroulike uitkyk op
hoe die susters die wêreld om hulle sien. Die vervaardigers van “Susters”
is 
Jenny Griesel, bekend vir haar werk in die media, liefdadigheid en
bemarking van die land se top glanspersone, saam met die bekroonde
liedjieskrywer, 
Johan Vorster. En waar Johan is, is daar natuurlike ook goeie
musiek, dus as musiekregisseur, kan almal ‘n klankbaan van hoë gehalte te wagte
wees.


0.0/5
0 resensies
0
0
0
0
0

Daar is nog geen resensies nie.

Wees die eerste om “SUSTERS” te beoordeel

General Enquiries

Daar is nog geen navrae nie.