Kom laat ons sing – ‘n Musikale reis van Laurika Rauch

  • Vinnige Aflewering

    Ontvang produkte in ongelooflike tyd
  • Maklike Terugkeerbeleid

    Ons terugkeerbeleid laat u met gemoedsrus koop
  • Altyd Outentiek

    Ons verkoop slegs 100% outentieke produkte
  • Veilige Inkopies

    U persoonlike inligting is altyd beskerm

R120.00 BTW ingesluit

Beskrywing

Laurika Rauch

‘n Musikale reis van Laurika Rauch – ‘n Dokumentêr

Vervaardig vir Kyknet in 2002

SKU: JBDVD 01 Kategorieë: ,

Beskrywing

‘n Dokumentêr vervaardig vir Kyknet in 2002.

1. DIE REIS BEGIN

Waarom het dit so lank geneem vir die “luisterliedjie” om die Afrikaanse taal te ontdek? In Frankryk was daar lank reeds die chanson, in Amerika folk en in die Lae Lande kleinkunst. Afrikaanse musiek het bestaan uit die FAK se Piekniekliedjies en Groep Twee se “Die padda wou gaan opsit”. Maar in die laat sewentiger jare het daar iets gebeur. Sonja Herholdt het sterstatus bereik, en Anton Goosen het die liedjieboer geword.

2. DIE AANKOMS

Die bekroonde aktrise Jana Cilliers het aan Katinka Heyns voorgestel dat Laurika die temamusiek van Phoenix en Kie, ‘n dramareeks op TV1, sing. Koos du Plessis se ” Kinders in die Wind” het Afrikaanse musiek op die trefferparades geplaas en was ‘n inspirasie vir talle ander kunstenaars om na vore te tree. Dit was die begin van ‘n nuwe era.

3. GEWILDHEID

Die kunstenaars het nou ook finansiële sukses behaal, al was dit soms steeds met vertaalde werk. Kupido, Bles Bridges, Johan Stemmet en Cora Marie het baie meer albums verkoop as Koos du Plessis en Anton Goosen. Was die aanvanklike opbloei net van verbygaande aard?

4. IS DAAR ‘N ALTERNATIE?

Die tagtigerjare was stormagtige jare in Suid-Afrika, ook in die musiek. Kabaret het na vore gekom as ‘n vorm van sosiale kommentaar en protes. Laurika en Jannie du Toit het in Hillbrow se Club 58 opgetree en net ‘n entjie af in die straat was Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band ‘n treffer. By Houtstok het Anton Goosen die aand afgesluit met “Wit kaffers van Afrika”. Daar was protes in die lug.

5. DIE VREEMDELINGE

Oor die jare heen was daar min kontak met die musiek van die stamlande van Afrikaans. Laurika het ‘n keer of wat België en Nederland besoek en Herman van Veen het Langenhoven se Wiegieliedjie opgeneem. Na 1990 was die kontak met die musikante van die Lae Lande weer herstel en het mense soos Van Veen en Stef Bos Suid-Afrika gereeld besoek

6. DIE NUWE STEMME

Musiek is deurentyd afhanklik van vernuwing. Dit wat Laurika, Anton Goosen, David Kramer en ander in die tagtigerjare gedoen het, word nou verder geneem deur Valiant Swart, Karen Zoid, Gian Groen en ander.

0.0/5
0 resensies
0
0
0
0
0

Daar is nog geen resensies nie.

Wees die eerste om “Kom laat ons sing – ‘n Musikale reis van Laurika Rauch” te beoordeel